Meer oor ons

Wat doen ons?

Hier by Edlingtech is ons gek na goeie grammatika. Maar net soos ons nie pragtige kunswerke kan skilder of dansuitvoerings lewer wat mense sprakeloos van verwondering laat nie, is daar mense wat maar net nie goed is met spelling of die aanmekaar-ryg van woorde nie. Dis waar ons tot die redding kom.

Aangesien ons daarvan hou om tyd aanlyn te spandeer (wie hou nou nié daarvan nie?) maak bygewerkte, lesersvriendelike webbladsye ons harte baie bly. So wie anders as ons om jou webadministrasie te behartig?

 

Wat kry jy?

Met ondervinding sedert 2011 in uitgewerswese, die media en die vermaaklikheidsbedryf is ons vol vertroue dat ons nét die regte span vir jou is.

Ons belowe om:

  • ’n kwaliteit eindproduk te lewer;
  • dit betyds te doen;
  • jou nie ’n rat voor oë te draai nie;
  • ons bes te probeer om generiese inhoud wat al holrug gery is, te vermy.

Ons gebruik en is ingeteken op die nuutste taalhulpbronne in Afrikaans en Engels, wat o.a. die Oxford Dictionary Online, Afrikaanse Woordelys en Spelreëls, HAT6 Aanlyn en die Afrikaanse Taalkommissie se Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)-app insluit.

Ons het ook ervaring in WordPress-webontwikkeling en Adobe Indesign CS6/CC.

 

Van waar, Gehasi?

Edlingtech is in 1995 gestig en is as ’n leier in die Suid-Afrikaanse industrie vir rekenaargesteunde onderrig en linguistiek beskou. Die maatskappy het in die laat-2000’s toegemaak, maar die gees en wese het nooit gesterf nie.

Edlingtech is in 2017 herregistreer met die doel om bekostigbare, alledaagse taalverwante dienste in Afrikaans en Engels aan Jan Alleman te verskaf. Ons is hier vir die klein ondernemingseienaar, die opkomende entrepreneur, en die individu wat trots is op hulle geskrewe inhoud.