Aanlyn/webkopie

Tipes kopie/inhoud
  • Aanlyn artikels
  • Persverklarings
  • Professionele profiele (bv. op LinkedIn & BizCommunity)
  • Nuusbriewe, baniere, sosialemedia-plasings en ander bemarkingsmateriaal.

 

Dienste
  • Redigering
    Ons kyk na en korrigeer/verbeter: spelling- en grammatika foute; skryfstyl waar nodig; konsekwente gebruik van afkortings en name; enige ander voorstelle om die teks te verbeter.
  • Proeflees
    Ons is op die uitkyk vir en merk: spelling- en grammatika foute; skryfstyl waar nodig; konsekwente gebruik van afkortings en name.
    Geen korreksies word aangebring nie.
  • Vertaling tussen Afrikaans en Engels
  • Skryf
    Sluit skryf van kopie vir webblaaie en ander bemarkingsmateriaal, asook spookskryf/skryf as mede-outeur in.
  • Administrasie
    Sluit in:
    Bywerk van inligting/gebeurtenisse (insluitend redigering); oplaai van foto’s en ander media; opdatering van “plugins”; basiese ontwikkeling/onderhoud (indien dit ’n WordPress-blad is).
    Sluit uit: Die opstel van rugsteun en die herstel/terugroep van die hele blad; gebruikersadministrasie; uitgebreide webontwikkeling; webontwerp.
  • Sosiale media
    Sluit in:
     Skryf van plasings, “boosting” van plasings wanneer en indien nodig, bestuur.
    Belangrik: Geen strategie-ontwikkeling word gedoen nie; ons hanteer slegs die implementering daarvan.